Numbers 14:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle kinders sal veertig jaar in die woestyn rondswerf en julle hoererye dra totdat julle lyke in die woestyn verwoes is.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle kinders sal die prys betaal vir julle ontrouheid. Hulle sal soos herders 40 jaar lank in die woestyn rondswerf totdat julle almal dood in die woestyn lê.
Afrikaans 1933/1953 En julle kinders sal soos herders rondtrek in die woestyn, veertig jaar lank, en sal so die gevolge van julle hoerery dra totdat julle lyke in die woestyn verteer is.
Afrikaans 1983 Julle kinders sal veertig jaar lank in die woestyn rondtrek. Hulle sal die gevolge van julle ontrou moet dra totdat julle almal se lyke in die woestyn lê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En julle kinders sal veertig jaar lank herders in die woestyn wees. Hulle sal die gevolge van julle ontrouheid moet dra totdat julle lyke in die woestyn vergaan het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en julle kinders sal 40 jaar lank skape en bokke moet oppas in die woestyn. Julle was ontrou, en daarom sal hulle swaarkry, totdat al julle dooie liggame in die woestyn lê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle kinders sal vir 40 jaar in die woestyn rondtrek soos herders op soek na weiveld. Hulle sal die gevolge van julle ongehoorsaamheid aan My moet dra totdat julle hele geslag hier in die woestyn dood is.