Numbers 14:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar julle kindertjies wat julle gesê het dat dit 'n prooi moet word, hulle sal Ek inbring, en hulle sal die land ken wat julle verag het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Julle het gesê dat julle kinders oorlogsbuit sal word. Ek sal húlle egter in die land laat kom en hulle sal die land beleef wat julle versmaai het.
Afrikaans 1933/1953 En julle kinders waarvan julle gesê het: Hulle sal 'n buit word -- die sal Ek inbring en die sal die land leer ken wat julle verwerp het.
Afrikaans 1983 En wat julle kinders betref, van wie julle gesê het dat hulle krygsgevangenes sal word, vir hulle sal Ek inbring, en hulle sal die land wat deur julle verwerp is, lief kry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En julle jong kinders, van wie julle gesê het, “Hulle gaan buit word” – Ek sal hulle inbring sodat hulle die land leer ken wat deur julle verwerp is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En julle kinders? Julle het gesê dat die vyande hulle sal vat. Maar Ek sal húlle daar bring, húlle sal die land ken wat vir júlle nie belangrik was nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wat julle kinders betref: Julle sê mos dat hulle almal daar in die nuwe land gevangenes sal wees. Wel, die teendeel is waar: dit is vir hulle wat Ek die nuwe land sal gee. Hulle sal sommer baie lief word vir die land wat julle verwerp het.