Numbers 14:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En waarom het die HERE ons na hierdie land gebring om deur die swaard te val, sodat ons vroue en ons kinders 'n prooi sou word? was dit nie vir ons beter om na Egipte terug te keer nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Hoekom het die Here ons na hierdie land toe laat kom om hier met die swaard doodgemaak te word? Ons vroue en ons dogters gaan nog oorlogsbuit word. Is dit nie beter dat ons maar liewer na Egipte toe teruggaan nie?”
Afrikaans 1933/1953 En waarom bring die HERE ons na hierdie land om deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders sal 'n buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie?
Afrikaans 1983 Waarom het die Here ons na hierdie land toe gebring? Net om doodgemaak te word? Ons vrouens en kinders sal krygsgevangenes word. Is dit nie vir ons beter om na Egipte toe terug te gaan nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Waarom bring die Here ons na hierdie land, net om deur die swaard te val? Ons vroue en ons jong kinders gaan buit word! Is dit nie vir ons beter om na Egipte terug te keer nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hoekom bring die Here ons na hierdie land om in oorlog te sterf? Die vyande sal ons vroue en kinders vir hulleself vat. Dit sal vir ons beter wees as ons teruggaan na Egipte.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoekom het die Here ons na die land toe gebring as ons in elk geval net doodgemaak gaan word en ons vroue en kinders as gevangenes weggevat gaan word? Miskien is dit vir ons beter om terug te gaan Egipte toe!”