Numbers 14:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jou lyke sal in hierdie woestyn val; en almal wat van julle getel is, volgens julle hele getal, van twintig jaar oud en daarbo, wat teen my gemurmureer het, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle lyke sal hier in die woestyn lê. Nie een van julle bo twintig jaar oud wat in die sensus getel is en wat oor my gekla het, |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle lyke sal in hierdie woestyn lê, naamlik al julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het. |
| Afrikaans 1983 | In hierdie selfde woestyn sal die lyke bly lê van julle almal van twintig jaar en ouer wat in die sensus opgeneem is en wat teen My in verset gekom het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In hierdie woestyn sal julle dooie liggame val, julle almal wat ingeskryf is – die volle getal van twintig jaar en ouer, julle wat teen My gemor het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle dooie liggame sal in hierdie woestyn lê, almal wie se name in die boek geskryf is, almal wat ouer as 20 jaar is en wat My beskuldig het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal van julle wat ouer is as twintig en wie se name in die sensus opgeskryf is, dié wat teen My in opstand gekom het, se geraamtes sal in hierdie woestyn agterbly. |