Numbers 14:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe lank sal ek hierdie bose vergadering verdra wat teen my murmureer? Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor wat hulle teen My murmureer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hoe lank gaan hierdie slegte gemeenskap bly kla oor My? Ek het gehoor wat die Israeliete oor My sê. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoe lank sal hierdie bose vergadering aanhou dat hulle teen My murmureer? Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor waarmee hulle teen My bly murmureer. |
| Afrikaans 1983 | “Hoe lank sal hierdie slegte volk nog aanhou met hulle verset teen My? Ek het opgemerk hoe die Israeliete hulle teen My verset. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Hoe lank nog moet Ek hierdie bose volksvergadering verduur wat aanhoudend by My mor? Die gemor waarmee die Israeliete aanhoudend by My aankom, het Ek gehoor. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Hierdie slegte volk hou aan om My te beskuldig. Ek het gehoor dat die Israeliete My beskuldig, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hoe lank gaan hierdie slegte spul mense nog aanhou om die rug vir My te draai? Ek het net mooi genoeg gehad van hulle gekerm! |