Numbers 14:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarlik, hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het nie, en niemand van die wat My geterg het, sal dit sien nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | nie een van hulle wat My verag het, sal in die land kom wat Ek aan hulle voorouers beloof het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het nie, ja, almal wat My verag het, sal dit nie sien nie. |
| Afrikaans 1983 | sal die land wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het, sien nie. Nie een van hulle wat My geminag het, sal die land sien nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sal die land sien wat Ek aan hulle voorouers met 'n eed beloof het nie. Ja, almal wat My minag, sal dit nie sien nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sal nie een van hulle die land sien wat Ek aan hulle voorvaders belowe het nie. Nie een van die mense wat gewys het dat Ek nie vir hulle belangrik is nie, sal die land sien nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom sal hulle nooit die land sien wat Ek met ’n plegtige belofte aan hulle voorouers beloof het nie. Nie een van hierdie spul wat my groot Naam onder hulle voete vertrap het, sal hulle voete in die land sit nie. |