Numbers 14:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En al die kinders van Israel het teen Moses en teen Aäron gemurmureer, en die hele vergadering het vir hulle gesê: Mag ons tog maar in Egipteland gesterf het! of sou God ons in hierdie woestyn gesterf het!
Afrikaans (NLV) 2011 Al die Israeliete het by Moses en Aäron kom kla. Hulle het gesê: “As ons tog maar liewer in Egipte gesterf het, of selfs hier in die woestyn!
Afrikaans 1933/1953 En al die kinders van Israel het gemurmureer teen Moses en teen Aäron, en die hele vergadering het aan hulle gesê: Ag, as ons maar in Egipteland gesterf het! Of as ons maar hier in die woestyn gesterf het!
Afrikaans 1983 Al die Israeliete was in verset teen Moses en Aäron, en die hele vergadering het vir hulle gesê: “As ons maar in Egipte of in hierdie woestyn gesterf het!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die Israeliete het by Moses en Aäron gemor en die hele volksvergadering het vir hulle gesê: “Het ons maar in Egipteland gesterf; of het ons maar in hierdie woestyn gesterf!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die Israeliete het vir Moses en Aäron beskuldig. Die hele vergadering het vir hulle gesê: “Ons wens ons het in Egipte gesterf of hier in die woestyn, ons wens ons was dood.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het teen Moses en Aäron in opstand gekom en gesê: “As ons maar eerder in Egipte of in die woestyn doodgegaan het, dan was dit baie beter!