Numbers 14:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verskoon tog die ongeregtigheid van hierdie volk na die grootheid van U goedertierenheid, en soos U hierdie volk vergewe het, van Egipte af tot nou toe.
Afrikaans (NLV) 2011 “Vergeef tog nou hierdie volk se sonde soos U in u groot liefde hulle verdra het vandat hulle uit Egipte uit weg is tot nou toe.”
Afrikaans 1933/1953 Vergeef tog die ongeregtigheid van hierdie volk na die grootheid van u goedertierenheid, en soos U hierdie volk van Egipte af tot hiertoe vergewe het.
Afrikaans 1983 Vergewe dan tog die sonde van hierdie volk in u groot liefde, soos U hulle van Egipte af tot hiertoe vergewe het!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Vergewe asseblief die sondeskuld van hierdie volk volgens die grootheid van u troue liefde, soos U hierdie volk van Egipte af tot hier kwytgeskeld het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U is altyd vol liefde. U het hierdie volk se sondes vergewe van die tyd toe hulle weggegaan het uit Egipte tot nou toe. U vergewe hulle sondes tot in die derde en vierde geslag. Vergewe hulle asseblief nou ook.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vergewe asseblief hierdie volk se sonde omdat U so baie vir hulle omgee. Vergewe hulle soos U hulle van Egipte af tot hier toe vergewe het!”