Numbers 14:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE is lankmoedig en groot barmhartigheid, wat ongeregtigheid en oortreding vergewe en geensins die skuldige reinig nie, en die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders tot in die derde en vierde geslag.
Afrikaans (NLV) 2011 ‘Die Here word nie gou kwaad nie. Sy liefde kan sonde en oortreding verdra. Hy laat sonde egter nie ongestraf bly nie. Hy hou dit wat die ouers verkeerd gedoen het nog teen die derde en vierde geslag daarna.’
Afrikaans 1933/1953 Die HERE is lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag.
Afrikaans 1983 ‘Ek, die Here, is lankmoedig en vol liefde; Ek vergewe ongeregtigheid en oortreding, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Die Here is geduldig en oorvloedig in troue liefde. Hy skeld sondeskuld en oortreding kwyt, maar laat beslis niks ongestraf nie; Hy laat kinders tot die derde en vierde geslag boet vir die skuld van voorouers.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ‘Ek, die Here, is geduldig en vol liefde, Ek vergewe mense wanneer hulle sonde doen en opstandig is, maar Ek sê nie iemand is onskuldig wanneer hy skuldig is nie, Ek straf die nageslag oor die sondes van hulle voorvaders, Ek straf hulle tot in die derde en vierde geslag.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U het mos gesê: ‘Ek is die Here en Ek word nie gou kwaad nie. Ek hou my woord as Ek met julle ’n ooreenkoms gemaak het. Ek vergewe mense hulle sondes en hulle opstandigheid teen My, maar nie sonder dat hulle self die gevolge van hulle dade gedra het nie. Selfs hulle kinders, kleinkinders en agterkleinkinders sal ly onder die gevolge van hulle verkeerde dade.’