Numbers 14:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat die HERE nie in staat was om hierdie volk in die land in te bring wat Hy hulle met 'n eed beloof het nie, daarom het Hy hulle in die woestyn gedood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ‘Omdat die Here nie die volk na die land toe kon bring wat Hy vir hulle belowe het nie, het Hy hulle sommer daar in die woestyn doodgemaak.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Omdat die HERE hierdie volk nie kon inbring in die land wat Hy hulle met 'n eed beloof het nie, het Hy hulle in die woestyn omgebring. |
| Afrikaans 1983 | ‘Die Here was nie in staat om hierdie volk in te bring in die land wat Hy met 'n eed aan hulle beloof het nie, daarom het Hy hulle in die woestyn omgebring.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Dit is omdat die Here nie in staat was om hierdie volk in die land in te bring wat Hy met 'n eed aan hulle beloof het nie, dat Hy hulle in die woestyn omgebring het. ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | ‘Die Here was nie sterk nie, Hy kon nie hierdie volk in die land bring wat Hy vir hulle belowe het nie, daarom het Hy hulle in die woestyn laat sterf.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ‘Die Here was nie sterk genoeg om hierdie volk in die land in te vat wat Hy hulle so plegtig belowe het nie, daarom het Hy hulle toe maar in die woestyn laat doodgaan.’ |