Numbers 14:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Moses aan die HERE: Dan sal die Egiptenaars dit hoor, want U het hierdie volk in U mag onder hulle uit opgebring;
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het toe vir die Here gesê: “U het met u krag hierdie volk uit Egipte weggevat. Die Egiptenaars sal hoor wat U doen.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Moses aan die HERE gesê: Maar die Egiptenaars het gehoor dat U deur u krag hierdie volk onder hulle uit laat optrek het
Afrikaans 1983 [13-14] Maar Moses het vir die Here gesê: “Die Egiptenaars sal dit hoor en dit vir die inwoners van hierdie land vertel. Dit is tog U wat hierdie volk deur u mag uit Egipte laat wegtrek het, en die inwoners van hierdie land het reeds gehoor dat U, Here, onder hierdie volk is, dat U duidelik waarneembaar verskyn het, dat u wolk oor hulle is, en dat U bedags in 'n wolkkolom en snags in 'n vuurkolom voor hulle uit gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het Moses vir die Here gesê: “Die Egiptenare sal dit hoor – U het immers hierdie volk met u krag uit hulle midde laat wegtrek –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Moses vir die Here: “Die Egiptenaars sal dit hoor, want U het hierdie volk van hulle laat weggaan omdat U sterk is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Moses het by die Here gepleit: “Wat sal die Egiptenaars dink as hulle dit moet hoor? Hulle weet mos hoe magtig U is en hoe U hierdie volk uit hulle hande bevry het.