Numbers 14:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die hele vergadering het beveel om hulle met klippe te stenig. En die heerlikheid van die HERE het in die tent van samekoms verskyn voor al die kinders van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die gemeenskap het egter gedreig om hulle met klippe dood te gooi. Die Israeliete het toe bewus geword van die Here se magtige teenwoordigheid by die tabernakel.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die hele vergadering dat hulle gestenig moet word. Maar die heerlikheid van die HERE het in die tent van samekoms verskyn voor al die kinders van Israel.
Afrikaans 1983 Maar die hele vergadering het gedreig om vir Josua en Kaleb met klippe dood te gooi. Toe het die magtige teenwoordigheid van die Here by die tent van ontmoeting vir al die Israeliete sigbaar geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die hele volksvergadering dreig om hulle met klippe dood te gooi, het die heerlikheid van die Here in die Tent van Ontmoeting aan al die Israeliete verskyn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hele vergadering het toe gesê hulle gaan vir Josua en Kaleb doodgooi met klippe. Maar toe sien al die Israeliete dat die Here, die Koning, by die tent is waar Hy aan die Israeliete verskyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die hele vergadering was egter min beïndruk met wat Josua en Kaleb gesê het en wou hulle sommer daar op die plek met klippe doodgooi. Maar skielik het die verblindende glans van die Here se teenwoordigheid oor die tent sigbaar geword. Almal kon dit sien.