Numbers 13:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het ons die reuse gesien, die seuns van Enak, wat uit die reuse kom; en ons was in ons eie oë soos sprinkane, en so was ons ook in hulle oë.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het Enak se nageslag daar gesien. Hulle is reuse. Ons het voor hulle soos sprinkane gelyk.”
Afrikaans 1933/1953 Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë.
Afrikaans 1983 Ons het daar ook die reuse gesien. Die Enakiete stam van hulle af. Ons was soos sprinkane in ons eie oë, en so was ons ook in hulle oë.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar het ons reuse gesien.” Die Enakiete stam uit die reuse. “Ons was in ons eie oë soos koringkrieke; ons was soos muggies in hulle oë.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het ook reuse daar gesien. Ons het soos sprinkane gevoel voor hulle, hulle het miskien gedink ons lyk so klein soos sprinkane.” Die reuse is die voorvaders van die Enak-mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Om die waarheid te sê, ons het ’n paar reuse daar gesien, almal afstammelinge van Enak. Ons het so klein soos sprinkane teen hulle gevoel en ons dink hulle het ons seker vir sprinkane aangesien.”