Numbers 13:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het 'n slegte gerug oor die land wat hulle verken het aan die kinders van Israel gebring en gesê: Die land waardeur ons getrek het om dit te verken, is 'n land wat sy inwoners verteer; en al die mense wat ons daarin gesien het, is manne van groot gestalte.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het toe ’n gerug begin versprei oor die land wat hulle gaan verken het: “Die land waarna ons gaan kyk het, is ’n land wat sy inwoners opeis. Al die volke wat ons daarin gesien het, is besonder groot mense.
Afrikaans 1933/1953 So het hulle dan slegte gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is 'n land wat sy inwoners verteer; en al die mense wat ons daarin gesien het, is groot manne.
Afrikaans 1983 Die manne het toe 'n slegte gerug onder die Israeliete versprei oor die land wat hulle verken het. Hulle het gesê: “Die land wat ons gaan verken het, is 'n land wat die lewe vir sy inwoners onmoontlik maak, en die mense wat ons daarin gesien het, is almal baie groot.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het toe onder die Israeliete 'n gerug versprei oor die land wat hulle verken het: “Die land waardeur ons getrek het om te verken, is 'n land wat sy inwoners vernietig. Al die mense wat ons daar gesien het, is groot manne.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die manne het toe vir die Israeliete verkeerde stories begin vertel oor die land waarna hulle gaan kyk het. Hulle het gesê: “Ons het deur die land gegaan om na alles te kyk. Dit is 'n land wat die mense sal laat sterf wat in hom woon. En al die mense wat ons daar gesien het, is baie groot.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het ook allerhande bangmaakstories oor die land en sy mense onder die volk begin versprei. “Die land wat ons verken het, sluk sy inwoners in,” het hulle gesê, “om nie eers te praat van die mense wat daarin bly nie: hulle is almal reusagtig groot.