Numbers 13:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Kaleb het die volk voor Moses stilgemaak en gesê: Laat ons dadelik optrek en dit in besit neem; want ons is goed in staat om dit te oorwin. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kaleb het egter die volk probeer gerusstel. Hy het gesê: “Laat ons optrek en die land gaan oorneem. Ons is daartoe in staat.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Kaleb die volk stil gemaak teenoor Moses en gesê: Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig. |
| Afrikaans 1983 | Kaleb het egter die manne wat met Moses praat, stilgemaak en gesê: “Ons moet beslis optrek en die land in besit neem, want ons kán dit doen.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Kaleb het die mense by Moses stilgemaak. Hy het gesê: “Ons moet beslis optrek en die land in besit neem, want ons kan sonder twyfel die oorhand daaroor kry.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Kaleb het vir die volk gesê hulle moenie kla en teen Moses praat nie. Kaleb het gesê: “Ons moet gaan, ons moet die land gaan vat, ons kan dit doen, dit is seker.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kaleb het toe die mense wat hieroor begin kla het, stilgemaak en hulle probeer motiveer en gesê: “Kom ons val hulle dadelik aan, want ons kan hulle beslis oorrompel.” |