Numbers 13:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses het hulle op bevel van die HERE uit die woestyn Paran gestuur; al daardie manne was hoofde van die kinders van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het gemaak soos die Here gesê het. Hy het daar van die Paranwoestyn af mans na Kanaän toe uitgestuur. Elkeen van hulle was ’n leier in Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Moses het hulle uitgestuur uit die woestyn Paran, volgens die bevel van die HERE -- hulle almal manne wat hoofde was van die kinders van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Op die bevel van die Here het Moses hulle toe van die Paranwoestyn af uitgestuur. Al die manne was leiers onder die Israeliete. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het hulle op bevel van die Here uit die Paranwoestyn gestuur. Almal van hulle was manne wat leiers was onder die Israeliete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het toe mense uit die Paran-woestyn gestuur. Hulle was almal leiers van die Israeliete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het toe die volgende leiers daar uit die Paranwoestyn Kanaän toe gestuur: |