Numbers 13:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die Amalekiete woon in die land van die suide, en die Hetiete en die Jebusiete en die Amoriete woon op die berge, en die Kanaäniete woon by die see en by die kus van die Jordaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Amalekiete bly in die Negevwoestyn. Die Hetiete, Jebusiete en Amoriete bly in die heuwelgebied. Die Kanaäniete woon langs die Middellandse See en in die Jordaanvallei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die Amalekiete woon in die Suidland, maar die Hetiete en Jebusiete en Amoriete woon in die gebergte, en die Kanaäniete woon by die see en aan die kant van die Jordaan. |
| Afrikaans 1983 | Die Amalekiete woon in die Suidland, die Hetiete, Jebusiete en Amoriete in die Bergwêreld, en die Kanaäniete by die see en langs die Jordaan.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Amalekiete woon in die Suidland, die Hetiete, Jebusiete en •Amoriete woon in die bergwêreld, terwyl die Kanaäniete by die see en langs die Jordaan woon.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die Suid-land woon Amalekiete, in die berge woon Hetiete, Jebusiete en Amoriete, langs die see en langs die Jordaan-rivier woon Kanaäniete.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aan die suidekant, in die Negev, bly die Amalekiete, in die middel in die bergagtige gebiede bly die Hetiete, Jebusiete en Amoriete, terwyl die Kanaäniete aan die westekant teen die Middellandse See en aan die oostekant teen die Jordaanrivier bly.” |