Numbers 13:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die volk wat in die land woon, word sterk, en die stede is ommuur en baie groot; en ons het ook die kinders van Enak daar gesien.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense wat in die land woon, is egter baie sterk. Hulle het groot stede met verdedigingsmure om. Ons het ook Enak se nageslag daar gesien.
Afrikaans 1933/1953 Maar die volk wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien.
Afrikaans 1983 Maar die mense wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot. Ons het ook die nasate van Enak daar gesien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volk wat in die land woon, is egter baie sterk. Die stede is versterk en baie groot. Ons het ook afstammelinge van die Enakiete daar gesien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar daar is 'n probleem: Die mense wat in die land woon, is sterk en hulle woon in groot stede wat sterk mure het. Ons het ook Enak-mense daar gesien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die enigste probleem is dat die mense wat daar bly, ongelooflik sterk is. Hulle stede is baie groot en is versterk met dik mure om hulle. Ons het ook die Enakiete, die reuse, daar raakgeloop.