Numbers 13:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het hom meegedeel en gesê: Ons het in die land gekom waarheen U ons gestuur het, en dit loop sekerlik van melk en heuning; en dit is die vrug daarvan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mans het aan Moses rapporteer: “Ons het na die land gaan kyk waarheen jy ons gestuur het. Dit is ’n baie vrugbare land. Hier is van sy vrugte. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het hom vertel en gesê: Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik, dit loop oor van melk en heuning, en d¡t is sy vrugte. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het aan Moses gerapporteer en gesê: “Ons het in die land gekom waarheen u ons gestuur het. Dit loop oor van melk en heuning, en hier is van sy vrugte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het vir Moses vertel en gesê: “Ons het in die land aangekom waarheen u ons gestuur het. En verder, dit is 'n land wat oorloop van melk en heuning, en hier is van die land se vrugte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vir Moses gesê: “Ons het na die land gegaan waarnatoe jy ons gestuur het. Dit is 'n land waar daar baie melk en heuning is, hier is van die vrugte van die land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het vir Moses gesê: “Ons het die land gaan deurkyk soos u beveel het. Dit is beslis ’n wonderlike land met baie potensiaal. Om ’n beeld te gebruik: daar is so baie melk en heuning, dit lyk of dit sommer in strome deur die land vloei. Hier is van die vrugte wat ons teruggebring het om te wys wat ons bedoel. |