Numbers 13:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het gegaan en by Moses en Aäron gekom en by die hele vergadering van die kinders van Israel, in die woestyn Paran, na Kades; en aan hulle en aan die hele vergadering berig gebring en aan hulle die vrugte van die land bekend gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het by Moses, Aäron en die Israeliete aangekom waar hulle by Kades in die Paranwoestyn staan. Hulle het aan die Israeliete verslag gedoen en vir hulle die vrugte gewys wat hulle saamgebring het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het weggegaan en by Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel gekom in die woestyn Paran, in Kades, en aan hulle berig gebring, en aan die hele vergadering en hulle die vrugte van die land laat sien. |
| Afrikaans 1983 | Die verkenners het toe by Moses en Aäron en die hele vergadering van die Israeliete by Kades in die Paranwoestyn aangekom. Daar het hulle aan Moses-hulle en aan die hele vergadering verslag gedoen en vir hulle die vrugte van die land gewys. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het gegaan en by Moses, Aäron en die hele volksvergadering van die Israeliete by Kades in die Paranwoestyn aangekom. Hulle het aan hulle en die hele volksvergadering verslag gedoen en aan hulle die land se vrugte gewys. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het by Moses en Aäron en die hele volksvergadering van Israel by die stad Kades in die Paran-woestyn gekom. Die manne het vir hulle vertel wat hulle gesien het en het vir hulle gewys hoe lyk die vrugte in die land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle in die kamp by Kades in die Paranwoestyn aankom, het hulle aan Moses en Aäron en die hele volk verslag gedoen. Hulle het ook vir almal die vrugte gewys wat hulle saamgebring het. |