Numbers 13:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het by die spruit Eskol gekom en daarvandaan 'n rank afgekap met een druiwetros, en dit tussen twee aan 'n staf gedra; en hulle het van die granate en van die vye gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het daarna by die Eskolspruit aangekom. Daar het hulle ’n tros druiwe gepluk. Hulle moes dit aan ’n stok tussen twee van hulle dra. Hulle het daar ook granate en vye gepluk. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het hulle tot by die dal Eskol gekom en daar 'n rank met een tros druiwe afgesny, en twee het dit aan 'n draagstok gedra; ook van die granate en van die vye. |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle by Eskolspruit kom, het hulle daar 'n rank met een druiwetros afgesny. Twee van hulle het dit aan 'n stok gedra, saam met 'n paar granate en vye. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle die Eskoldal bereik, sny hulle daar 'n rank met een druiwetros wat twee van hulle met 'n draaghout gedra het, af, en ook van die granate en vye. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die manne by 'n vallei kom waar daar druiwe is, het hulle 'n tak afgesny. Daar was 'n tros druiwe aan die tak, en twee van die manne het die druiwe vasgemaak aan 'n paal en hulle het dit op hulle skouers gedra. Hulle het ook granate en vye saamgebring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna is hulle af na die Eskolvallei toe, waar hulle ’n tros druiwe afgesny het. Die tros was so groot dat twee van hulle dit moes dra terwyl dit aan ’n stok gehang het. Hulle het ook ’n klompie granate en vye saamgevat. |