Numbers 13:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het na die suide opgetrek en by Hebron aangekom; waar Ahiman, Sesai en Talmai, die kinders van Enak, was. (Nou is Hebron sewe jaar voor Soan in Egipte gebou.) |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mans het deur die suidelike woestyn gegaan en by Hebron aangekom. Enak se nasate, Agiman, Sesai en Talmai, het daar gewoon. Hebron is sewe jaar voor Soan in Egipte gebou. |
| Afrikaans 1933/1953 | hulle het in die Suidland opgetrek en tot by Hebron gekom; en daar was Ah¡man, Sesai en Talmai, die kinders van die Enakiete. En Hebron is sewe jaar voor Soan in Egipte gebou. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het deur die Suidland getrek en by Hebron gekom, waar Agiman, Sesai en Talmai, afstammelinge van Enak, gewoon het. Hebron is reeds sewe jaar voor die Egiptiese stad Soan gebou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het opgetrek deur die Negev en Hebron bereik, waar Agiman, Sesai en Talmai, die afstammelinge van die Enakiete was. Hebron is sewe jaar voor Soan in Egipte gebou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hulle deur die Suid-land gaan en by die stad Hebron kom, het hulle die Enak-mense Agiman, Sesai en Talmai daar gekry. Mense het die stad Hebron gebou sewe jaar voordat hulle die stad Soan in Egipte gebou het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is toe deur die Negev. Die eerste plek waar hulle aangekom het, was Hebron, ’n stad wat reeds sewe jaar voor die Egiptiese stad Soan gebou is. Enak se afstammelinge, Agiman, Sesai en Tamai, het hier gebly. |