Numbers 13:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wat die land is, of dit vet of maer is, of daar hout daarin is of nie. En hou goeie moed en bring van die vrugte van die land. Nou was die tyd die tyd van die eerste ryp druiwe.
Afrikaans (NLV) 2011 Let op of die grond ryk of arm is, boomryk is of nie. Wees dapper en bring van die vrugte van die land saam terug.” Dit was juis in die tyd toe die eerste druiwe geoes is.
Afrikaans 1933/1953 ook hoe die land is, of dit vet of skraal is, of daar bome in is of nie; en wees dapper en bring van die vrugte van die land saam. Dit was toe die tyd van die eerste druiwe.
Afrikaans 1983 of die grond vrugbaar of skraal is, of dit bome het of nie. Doen julle bes om van die land se vrugte saam te bring.” Dit was juis die tyd van die eerste ryp druiwe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En hoe is die grond? Is dit vrugbaar of skraal? Is daar bome of nie? Span julle in en bring van die land se vrugte saam.” Dit was toe net die tyd van die vroeë druiwe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet kyk of die grond vrugbaar is of nie, en julle moet kyk of daar bome is of nie. Julle moenie bang wees nie, julle moet van die vrugte in die land saambring wanneer julle terugkom.” Dit was die tyd wanneer die druiwe begin ryp word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verder moet julle kyk of die gebied vrugbaar is en of dit bome het. Maak seker dat julle ook van die vrugte van die land vir ons saambring.” Dit was juis tyd vir die vroeë druiwe om ryp te word toe Moses hulle die land in gestuur het.