Numbers 13:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het hulle gestuur om die land Kanaän te verken en vir hulle gesê: Trek op hierdie pad suidwaarts en klim op die berg.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hy hulle uitstuur om die land Kanaän te gaan verken, het Moses vir hulle gesê: “Gaan van hier af reg deur die Negevwoestyn noord na die heuwelgebied.
Afrikaans 1933/1953 En Moses het hulle gestuur om die land Kanaän te verken en vir hulle gesê: Trek hier in die Suidland op en beklim die gebergte.
Afrikaans 1983 Moses het hulle gestuur om Kanaän te verken, en vir hulle gesê: “Trek deur die Suidland en op na die bergwêreld toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het hulle uitgestuur om die land Kanaän te verken. Hy het vir hulle gesê: “Trek hier in die Negev op, en gaan dan op in die bergwêreld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Moses hulle gestuur het om te gaan kyk hoe die land lyk, het hy vir hulle gesê: “Julle moet van hier deur die Suid-land na die berge gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het vir hulle gesê: “Gaan noord hiervandaan, deur die Negevwoestyn en dan al met die berge van Kanaän langs.