Numbers 12:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Met hom sal Ek mond tot mond spreek, selfs skynbaar, en nie in donker woorde nie; en die gelykenis van die HERE sal hy aanskou. Waarom was julle dan nie bevrees om teen my kneg Moses te spreek nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Ek praat direk met hom, van aangesig tot aangesig. Ek praat nie met hom op ’n raaiselagtige manier nie. Hy weet hoe die Here lyk. Moet julle dan nie baie versigtig oor my dienaar Moses praat nie?”
Afrikaans 1933/1953 Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die HERE. Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie?
Afrikaans 1983 Met hóm praat Ek direk en persoonlik, nie in raaisels nie. Hy sien selfs die gestalte van die Here. Waarom was julle dan nie bang om só met my dienaar Moses te praat nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van aangesig tot aangesig praat Ek met hom, in 'n verskyning, nie in raaisels nie; die verskyningsvorm van die Here sien hy. Waarom was julle dan nie bang om teen my dienskneg, Moses, uit te vaar nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek kom na hom toe en Ek praat met hom, Ek sê vir hom reguit wat Ek wil sê. Hy kan My sien wanneer Ek na hom toe kom. Hoekom praat julle so teen my dienaar Moses? Julle mag nie so met hom praat nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Met hom praat Ek direk en persoonlik, nie in allerhande raaisels nie. Hy sien selfs my silhoeët. Hoe kan julle dan waag om hom te kritiseer?”