Numbers 12:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Hoor tog my woorde: As daar 'n profeet onder julle is, sal Ek, die HERE, My in 'n gesig aan hom bekend maak en in 'n droom met hom spreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het gesê: “Luister wat Ek sê! As daar ’n profeet onder julle is, maak Ek, die Here, My aan hom bekend deur gesigte en praat Ek met hom deur drome.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die HERE is, sal Ek deur 'n gesig My aan hom bekend maak, deur 'n droom sal Ek met hom spreek.
Afrikaans 1983 het die Here gesê: “Luister na wat Ek sê: As daar 'n profeet van die Here onder julle is, maak Ek My aan hom bekend deur visioene en praat Ek met hom in drome.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het Hy gesê: “Luister nou na my woorde: “As daar 'n profeet onder julle is, sal Ek, die Here, Myself in 'n visioen aan hom bekend maak; in 'n droom sal Ek met hom praat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê toe: “Luister goed na wat Ek sê. Wanneer Ek, die Here, vir julle 'n profeet stuur, dan sal Ek vir hom wys wie Ek is, Ek sal met hom praat terwyl hy droom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Luister nou mooi na wat Ek vir julle sê. As Moses net ’n gewone profeet was, sou Ek met hom gepraat het soos met die ander profete, deur visioene en drome.