Numbers 12:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het in die wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tabernakel gaan staan en Aäron en Mirjam geroep, en hulle het al twee uitgegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het in ’n wolkmassa daarnatoe afgekom en by die ingang van die tabernakel gaan staan. Hy het Aäron en Mirjam nadergeroep. Die twee het nadergekom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het in 'n wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tent gaan staan. Daarna het Hy Aäron en Mirjam geroep, en hulle twee het uitgekom. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het toe in 'n wolk afgekom, by die ingang van die tent gaan staan en Aäron en Mirjam nader geroep. Toe hulle twee nader kom, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het in die wolkkolom afgekom. Hy het by die ingang van die tent gestaan en Aäron en Mirjam geroep. Toe hulle twee vorentoe kom, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en die Here het afgekom in 'n wolk-pilaar en Hy het by die ingang van die tent gaan staan. Toe roep Hy vir Aäron en Mirjam, en hulle het vorentoe gekom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het toe in ’n wolk afgekom en by die ingang van die tent gaan staan. Toe roep Hy vir Aäron en Mirjam nader en sê vir hulle: |