Numbers 12:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hulle: Het die HERE werklik deur Moses gespreek? het Hy nie ook deur ons gespreek nie? En die HERE het dit gehoor.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het gesê: “Die Here praat beslis nie net deur Moses nie. Hy praat ook deur ons.” Die Here het gehoor wat hulle sê.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het gesê: Het die HERE dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En die HERE het dit gehoor.
Afrikaans 1983 “Het die Here dan net deur Moses gepraat,” wou hulle ook nog weet, “en nie ook deur ons nie?” Die Here het dit gehoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het gesê: “Is dit dan net deur Moses wat die Here gepraat het? Het Hy nie deur ons ook gepraat nie?” Die Here het dit gehoor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het gesê: “Die Here het nie net met Moses gepraat nie, Hy het ook met ons gepraat.” Die Here het gehoor wat hulle sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [2-4] “Het die Here dan net deur Moses gepraat en nie deur ons ook nie?” wou hulle by hom weet. Die Here het gehoor wat hulle sê, want Moses was ’n baie nederige mens, die nederigste op aarde. Die drie van hulle is deur die Here aangesê om dadelik na die tent toe te gaan waar Hy aanbid word. Hulle is toe soontoe.