Numbers 12:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Moses: As haar vader net in haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank skaam wees nie? laat haar sewe dae lank uit die laer uitgesluit word, en daarna weer opgeneem word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê toe vir Moses: “As haar pa haar in die gesig gespoeg het, sou sy sewe dae lank die vernedering daarvan moes dra. Verban haar nou vir sewe dae lank uit die kamp uit. Eers daarna mag sy terugkom.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die HERE vir Moses: As haar vader net maar in haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? Laat sy sewe dae lank buitekant die laer opgesluit wees, en daarna mag sy opgeneem word. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vir Moses geantwoord: “As haar pa haar in die gesig gespoeg het, sou dit nie vir sewe dae lank vir haar 'n skande gewees het nie? Laat sy dan nou sewe dae lank uit die kamp uitgesluit word, en daarna kan sy terugkom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop sê die Here vir Moses: “As haar vader haar maar net in haar gesig gespoeg het, sou sy nie sewe dae lank in skande gewees het nie? Laat sy sewe dae lank buite die kamp uitgesluit word; daarna kan sy terugkeer.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “As haar pa in haar gesig gespoeg het, dan sou sy sewe dae lank daaraan moes dink dat hy haar verneder het. Sy moet sewe dae lank buite die kamp bly, dan kan sy terugkom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierop het die Here geantwoord: “As sy ’n kind was en haar pa het opsetlik voor ander mense in haar gesig gespoeg om haar te verneder, sou sy nie die reg gehad het om voor oor sewe dae weer in die openbaar te verskyn nie. So, laat haar nou sewe dae lank buite die kamp bly sonder dat iemand naby haar kom. Na die sewe dae mag sy weer terugkom.” |