Numbers 11:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ons dink aan die vis wat ons verniet in Egipte geëet het; die komkommers en die spanspekke en die preie en die uie en die knoffel;
Afrikaans (NLV) 2011 Ons onthou nog hoe ons net soveel vis kon eet soos ons wou in Egipte. Daar was komkommers en waatlemoene en prei en uie en knoffel.
Afrikaans 1933/1953 Ons dink aan die visse wat ons in Egipte verniet kon eet, aan die komkommers en die waterlemoene en die prei en die uie en die knoffel.
Afrikaans 1983 Ons onthou nog die vis wat ons in Egipte verniet kon eet, ook die komkommers, waatlemoene, prei, uie en knoffel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons onthou die vis wat ons in Egipte geëet het, verniet; ook die komkommers, waatlemoene, preie, uie en knoffel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons dink aan die vis wat ons in Egipte kon eet, ons het nie daarvoor betaal nie. En ons dink aan die komkommers, die spanspekke, die preie, die uie en die knoffel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Om nie eers te praat van die vis wat ons in Egipte verniet gekry het nie! En wat van die komkommers en waatlemoene, ja, selfs preie, uie en knoffel, net soveel as wat ons wou hê.