Numbers 11:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het daardie plek Kibrothattaäva genoem, want daar het hulle die begeertes begrawe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie plek se naam het “Kibrot-Taäwa” geword. Daar is die mense begrawe wat so lus vir vleis geword het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het hulle die plek genoem Kibrot-Hatt äwa; want daar het hulle die volk begrawe wat so begerig was. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het dié plek Kibrot-Taäwa genoem, omdat hulle die gulsige mense daar begrawe het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daardie plek is toe Kibrot-Taäwa genoem, want daar is die gulsige volk begrawe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die mense daar begrawe, die mense wat so lus was vir vleis, en hulle het die plek genoem “Lus-grafte.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom het hulle die plek Kibrot-Taäwa, of begraafplaas van vleislus, genoem, want hulle het baie mense daar begrawe wat aan die epidemie dood is nadat hulle gulsig was oor vleis. |