Numbers 11:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl die vleis nog tussen hulle tande was, voordat dit gekou was, het die toorn van die HERE teen die volk ontvlam, en die HERE het die volk met 'n baie groot plaag getref.
Afrikaans (NLV) 2011 Nog voor hulle die vleis klaar geëet het, het die Here se woede teen die volk losgebars. Die Here het ’n baie groot siekte onder hulle laat uitbreek.
Afrikaans 1933/1953 Die vleis was nog tussen hulle tande, voordat dit gekou was, toe die toorn van die HERE alreeds teen die volk ontvlam het, en die HERE het onder die volk 'n baie groot slagting teweeggebring.
Afrikaans 1983 Die vleis was nog tussen hulle tande, hulle het nog nie begin kou nie, toe ontvlam die toorn van die Here teen die volk. Hy het baie van hulle om die lewe gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vleis was nog tussen hulle tande, voordat dit klaar gekou is, toe die Here se toorn teen die volk ontbrand. Hy het 'n baie groot slagting onder die volk aangerig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense het begin eet, maar hulle het nog nie die vleis in hulle monde begin kou nie, toe laat die Here baie van hulle sterf, want Hy was kwaad vir hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle was nog besig om van die vleis te eet, en daar was nog baie oor, toe die Here verskriklik kwaad vir hulle geword het. Hy het ’n siekte-epidemie onder hulle laat losbars wat baie mense doodgemaak het.