Numbers 11:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar het 'n wind van die HERE af uitgegaan en kwartels van die see af gebring, en hulle het by die laer laat val, soos 'n dagreis aan hierdie kant, en soos 'n dagreis aan die oorkant, rondom die kamp, en as 't ware twee el hoog op die oppervlakte van die aarde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het toe ’n wind laat waai. Dit het kwartels van die see af oor die kamp gewaai. Hulle het reg rondom die kamp geval, omtrent ’n dagreis ver in alle rigtings en omtrent ’n meter diep. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het 'n wind wat van die HERE kom, uitgevaar en kwartels van die see af oorgedrywe en op die laer gestrooi omtrent 'n dagreis hier en omtrent 'n dagreis daar, rondom die laer; en hulle was omtrent twee el bokant die grond. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het toe 'n wind gestuur en dit het kwartels van die see se kant af aangebring en hulle rondom die kamp laat val, omtrent 'n dagreis ver na alle kante toe en omtrent 'n meter diep op die grond. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Wind wat van die Here af kom, het toe opgesteek. Dit het kwartels van die see af aangewaai, en hulle oor die kamp gelos – ongeveer twee el bo die grond, 'n dagreis ver aan alle kante rondom die kamp. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het toe 'n wind gestuur, en die wind het van die see af kwartels gebring en by die kamp laat val. Die kwartels het omtrent twee el diep op die grond gelê, omtrent so ver soos 'n mens in een dag kan loop langs al die kante van die kamp. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het toe ’n wind laat opsteek wat voëls wat bekend was as kwartels van die see se kant af na die kamp toe gewaai het. Hulle het omtrent ’n meter van die grond af gevlieg en oral op die grond gaan sit vir kilometers aaneen, reg rondom die kamp. |