Numbers 11:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, een van sy jongmanne, het geantwoord en gesê: My heer Moses, verbied hulle!
Afrikaans (NLV) 2011 Josua, die seun van Nun, was van jongs af Moses se assistent. Hy het vir Moses gesê: “Meneer moet hulle stop!”
Afrikaans 1933/1953 En Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses van sy jeug af, antwoord en sê: My heer Moses, belet hulle dit!
Afrikaans 1983 Josua seun van Nun, van jongs af Moses se assistent, het gesê: “Laat hulle tog ophou, Meneer!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua, seun van Nun, wat van jongs af vir Moses diens gedoen het, het daarop gereageer; hy het gesê: “Moses, my heer, laat hulle ophou!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua seun van Nun het vir Moses gewerk vandat hy klein was. Hy het gesê: “Meneer Moses, jy moet hulle stop.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Laat hulle tog ophou, Meneer,” het Nun se seun Josua gesê. Hy was van jongs af al Moses se helper.