Numbers 11:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het 'n jongman gehardloop en dit aan Moses vertel en gesê: Eldad en Medad profeteer in die laer.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Jong seun het gehardloop en vir Moses kom sê: “Eldad en Medad is besig om in die kamp te profeteer!”
Afrikaans 1933/1953 Toe hardloop 'n seun en vertel dit aan Moses en sê: Eldad en Medad profeteer in die laer.
Afrikaans 1983 'n Jongman het toe gehardloop en vir Moses gaan vertel: “Eldad en Medad tree as profete op in die kamp!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Jong man het gehardloop en dit vir Moses vertel en gesê: “Eldad en Medad profeteer vurig in die kamp.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Jongman het gehardloop en hy het vir Moses gaan sê dat Eldad en Medad besig is om in die kamp soos profete te praat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Jongman het toe na Moses toe gehardloop en vir hom gesê: “Eldad en Medad is besig om sommer in die kamp in die Naam van God te praat!”