Numbers 11:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar daar het twee van die manne in die laer oorgebly, die naam van die een was Eldad en die naam van die ander Medad; en die gees het op hulle gerus; en hulle was van die beskrywers, maar het nie uitgegaan na die tabernakel nie; en hulle het in die laer geprofeteer.
Afrikaans (NLV) 2011 Twee mans, Eldad en Medad, was deel van die 70 mans. Hulle het in die kamp agtergebly. Hulle het nie saamgegaan na die tabernakel toe nie. Toe die Gees oor die mans gekom het, het hulle ook begin profeteer daar waar hulle in die kamp was.
Afrikaans 1933/1953 Maar twee manne het in die laer agtergebly: die naam van die een was Eldad en die naam van die ander Medad; en die Gees het op hulle gerus -- hulle het behoort by die wat opgeskrywe was, hoewel hulle nie na die tent uitgegaan het nie -- en hulle het in die laer geprofeteer.
Afrikaans 1983 Twee van die manne onder dié wat opgeskryf was, het nie na die tent toe uitgegaan nie, maar het in die kamp agtergebly. Die een se naam was Eldad en die ander s'n Medad. Terwyl die Gees op hulle gerus het, het hulle in die kamp as profete opgetree.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Twee manne het egter in die kamp agtergebly, die een se naam was Eldad en die ander s'n Medad. Hulle was onder dié wat ingeskryf is, maar hulle het nie na die tent toe uitgegaan nie. Die Gees het ook op hulle gerus en hulle het in die kamp vurig geprofeteer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Twee manne, Eldad en Medad, het nie uitgegaan na die tent nie, hulle het in die kamp gebly. Hulle name was ook by die name van die 70 leiers. Toe die gees in hulle kom, het hulle daar in die kamp soos profete begin praat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Twee van die leiers, Eldad en Medad, was nog in die kamp toe die Gees in hulle begin werk het. Hulle het net daar in die kamp waar hulle was, God se wil begin bekendmaak.