Numbers 11:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het in 'n wolk neergedaal en met hom gespreek en van die Gees geneem wat op hom was, en dit aan die sewentig oudstes gegee; en toe die Gees op hulle gerus het, het hulle geprofeteer, en het nie opgehou nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het in ’n wolk afgekom en met Moses gepraat. Hy het sy Gees wat in Moses was ook oor die 70 mans laat kom. Toe die Gees oor hulle gekom het, het hulle begin profeteer. Dit het net hierdie een keer met hulle gebeur.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het die HERE neergedaal in die wolk en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie.
Afrikaans 1983 Die Here het toe in die wolk afgekom, met Moses gepraat en 'n deel van die Gees wat op Moses was, op die sewentig laat kom. Toe die Gees op hulle kom, het hulle as profete begin optree, maar daarna nie meer nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het toe in die wolk afgekom en met hom gepraat. Hy het van die Gees, wat op Moses was, weggeneem en op die sewentig man, die oudstes, laat kom. Terwyl die Gees op hulle rus, het hulle vurig geprofeteer, maar daarna nie weer nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het die Here in 'n wolk afgekom en Hy het met Moses gepraat. Die Here het van die gees geneem wat in Moses was, en Hy het dit in die 70 leiers gesit. En toe die gees in die 70 manne kom, het hulle soos profete gepraat. Maar hulle het dit net daardie een maal gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het toe in die wolk afgekom en met Moses gepraat. Hy het dieselfde Gees wat Hy vir Moses gegee het om in sy Naam op te tree, ook vir die 70 leiers gegee. Toe dit gebeur, het hulle God se wil begin bekendmaak. Dit het egter net hierdie een keer gebeur.