Numbers 11:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Moses het toe uitgegaan en die woorde van die HERE aan die volk meegedeel en die sewentig man van die oudstes van die volk versamel en hulle rondom die tabernakel gesit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses is toe uit na die volk toe om vir hulle te sê wat die Here gesê het. Hy het 70 leiers bymekaargemaak en hulle reg rondom die tabernakel laat staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Moses uitgegaan en die woorde van die HERE aan die volk te kenne gegee; en hy het sewentig manne uit die oudstes van die volk bymekaar laat kom en hulle rondom die tent laat staan. |
| Afrikaans 1983 | Moses het vir die volk gaan vertel wat die Here gesê het. Hy het sewentig leiers van die volk bymekaar laat kom en hulle rondom die tent laat staan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het uitgegaan en die Here se woorde aan die volk meegedeel. Hy het sewentig man onder die oudstes van die volk bymekaargemaak en hulle rondom die tent laat staan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het uitgegaan en hy het vir die volk gesê wat die Here gesê het. Toe het hy 70 van die leiers van Israel laat bymekaarkom en hy het gesê hulle moet rondom die tent staan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het toe vir die volk gaan vertel wat die Here gesê het. Hy het die 70 leiers uitgesoek en hulle in ’n sirkel om die tent laat staan. |