Numbers 11:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir Moses: Is die hand van die HERE kort? jy sal nou sien of my woord aan jou sal uitkom of nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het vir Moses gesê: “Dink jy die Here kan nie? Jy sal nou sien of Ek kan doen wat Ek sê of nie.”
Afrikaans 1933/1953 Maar die HERE sê vir Moses: Sou die hand van die HERE te kort wees? Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie.
Afrikaans 1983 Maar die Here het vir Moses gesê: “Dink jy Ek het nie die mag nie? Jy sal nou self sien of my woord bewaarheid word of nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die Here het Moses geantwoord: “Is die Here se hand te kort? Nou sal jy sien of my woord vir jou waar word of nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Dink jy dat Ek dit nie kan doen nie? Jy sal nou sien of dit wat Ek gesê het, sal gebeur of nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe vra die Here vir Moses: “Dink jy Ek het nie die mag om dit te doen nie? Jy sal nou met jou eie oë sien of my woorde waar word of nie.”