Numbers 11:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sal die kleinvee en die beeste vir hulle geslag word om vir hulle genoeg te wees? Of sal al die visse van die see vir hulle bymekaargemaak word om vir hulle genoeg te wees? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sou dit genoeg wees as ons al die skape en die beeste vir hulle slag? Sou dit genoeg wees as ons al die visse van die see vir hulle bymekaarmaak?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Sal daar vir hulle kleinvee en beeste geslag word, sodat daar vir hulle genoeg sal wees? Of sal al die visse van die see vir hulle versamel word, sodat daar vir hulle genoeg is? |
| Afrikaans 1983 | Sal daar genoeg skape en beeste vir hulle geslag kan word? Sal hulle genoeg hê as al die vis in die see vir hulle gevang word?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kan daar kleinvee en beeste vir hulle geslag word, sodat daar vir hulle genoeg is? Sal daar vir hulle genoeg wees as al die visse in die see vir hulle gevang word?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Is daar genoeg skape en beeste en bokke om vir hulle te slag? Sal al die vis in die see genoeg wees as ons dit kry en dit vir hulle bymekaarmaak?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selfs al slag ons al ons beeste en al ons skape, sal dit nooit genoeg wees nie. Ons kan al die visse in die see vang en dit sal nog steeds nie genoeg wees nie.” |