Numbers 11:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Moses: Die volk onder wie ek is, is seshonderdduisend voetgangers; en jy het gesê: Ek sal hulle vleis gee, dat hulle 'n hele maand kan eet.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het die Here geantwoord: “Hier onder ons is daar 600 000 mans wat kan veg. En dan sê U nog: ‘Ek sal vir hulle vir ’n maand lank vleis gee om te eet.’
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Moses: Ses honderd duisend te voet is die volk onder wie ek verkeer; en U het gesê: Ek sal aan hulle vleis gee, en hulle sal 'n hele maand lank eet!
Afrikaans 1983 Moses het toe gesê: “Hier is ek tussen ses honderd duisend mense, almal te voet, en U sê U sal vir hulle vleis gee, sodat hulle 'n hele maand lank daarvan kan eet!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het Moses gesê: “Seshonderdduisend mense te voet is die volk in wie se midde ek is, en U sê, ‘Vleis sal Ek vir hulle gee, sodat hulle 'n maand lank sal eet.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Moses vir die Here: “Daar is 600 000 manne hier by my wat oorlog kan maak, en U sê U sal vir hulle vleis gee en hulle sal 'n maand lank eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses sê toe vir die Here: “Die manne alleen is omtrent 600 000 mense en U belowe om vir almal genoeg vleis te gee vir ’n hele maand!