Numbers 11:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar selfs 'n hele maand, totdat dit by julle neusgate uitkom en dit vir julle 'n gruwel is, omdat julle die HERE wat onder julle is, verag en voor Hom geween het en gesê het: Waarom het ons uit Egipte uitgetrek? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle sal elke dag vir ’n hele maand lank vleis eet totdat dit by julle ore uitkom en julle daarvan begin naar word. Julle het die Here, wat tussen julle woon, verwerp, want julle het by Hom gekla: ‘Waarom moes ons uit Egipte weggaan?’” |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n hele maand lank, totdat dit uit julle neus uitkom en julle daarvan walg; omdat julle die HERE wat in julle midde is, verwerp en voor sy aangesig gehuil en gesê het: Waarom het ons tog uit Egipte uitgetrek? |
| Afrikaans 1983 | maar 'n hele maand lank, totdat julle daarvan naar word en daarvan walg, omdat julle die Here wat by julle is, getart het, en Hom verwyt het met die woorde: Waarom is ons tog uit Egipte weg?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar 'n volle maand lank, totdat dit by julle ore uitkom en julle walg, omdat julle die Here wat in julle midde was, verwerp en voor Hom gekerm het deur te sê, “Waarvoor het ons uit Egipte weggetrek?” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | nee, julle sal 'n hele maand lank eet, totdat die vleis by julle neuse uitkom en julle naar word daarvan. Want julle het gewys dat die Here nie vir julle belangrik is nie, die Here wat tussen julle is. Hy het gehoor dat julle huil en vra: ‘Hoekom het ons weggegaan uit Egipte?’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nee, julle sal ’n hele maand lank vleis eet totdat julle naar word daarvan en julle later nie meer ’n stukkie vleis in die oog sal kan kyk nie. Dit het julle nou daarvan met al julle gekla en verwyte dat julle nooit uit Egipte uit moes getrek het nie, toe julle die Here verwerp het.” |