Numbers 11:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sê vir die volk: Heilig julle teen môre, en julle sal vleis eet; want julle het voor die ore van die HERE geween en gesê: Wie sal ons vleis gee om te eet? want dit het met ons goed gegaan in Egipte; daarom sal die HERE aan julle vleis gee, en julle sal eet.
Afrikaans (NLV) 2011 “Sê vir die volk: Heilig julleself vir môre. Julle sal dan vleis kry om te eet. Die Here het gehoor hoe julle kerm: Waar sal ons vleis kry om te eet? Ons was beter af in Egipte! Die Here sal dan vir julle vleis gee om te eet.
Afrikaans 1933/1953 En aan die volk moet jy sê: Heilig julle teen môre; dan sal julle vleis eet. Want julle het voor die ore van die HERE geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? want dit was vir ons goed in Egipte. Daarom sal die HERE vir julle vleis gee, en julle sal eet.
Afrikaans 1983 Vir die volk moet jy sê: Reinig julle vir môreoggend, dan sal julle vleis eet. Die Here het gehoor hoe julle kla en sê: ‘As ons tog net vleis gehad het om te eet; in Egipte was dit vir ons goed!’ Die Here sal vir julle vleis gee, en julle sal eet!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Vir die volk moet jy sê, ‘Heilig julleself teen môre, dan sal julle vleis eet. Want julle het in die ore van die Here gekerm en gesê, “As iemand ons maar net vleis sal gee om te eet! Dit was immers vir ons goed in Egipte.” Die Here sal vir julle vleis gee, en julle sal eet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En jy moet vir die volk sê: Julle moet julleself wy vir môre, want môre sal julle vleis eet. Die Here het gehoor dat julle gehuil en gekla het. Julle het gesê: ‘Wie sal hier vir ons vleis gee om te eet? Dit was vir ons beter in Egipte.’ Die Here sal môre vir julle vleis gee en julle sal dit eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê vir die volk: Was julle skoon, want môre sal julle vleis hê om te eet. Die Here het julle gekerm oor die vleis gehoor en dat julle sê Egipte was so verskriklik goed. Nou gaan die Here vir julle vleis gee om te eet, en julle sal moet eet!