Numbers 11:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal afkom en daar met jou spreek; en Ek sal van die Gees wat op jou is, neem en dit op hulle lê; en hulle sal die las van die volk saam met jou dra, dat jy dit nie alleen dra nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal afkom en met jou kom praat. Ek sal my Gees wat in jou woon ook in hulle laat kom. Hulle sal dan saam met jou verantwoordelik wees vir die volk. Jy sal dit nie meer alleen hoef te dra nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en van die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal dan afkom en daar met jou praat, en Ek sal van die Gees wat op jou is, op hulle laat kom. Hulle sal dan saam met jou die verantwoordelikheid vir die volk dra, sodat jy dit nie alleen hoef te doen nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal afkom en daar met jou praat. Ek sal 'n deel van die Gees wat op jou rus, wegneem en op hulle plaas. Hulle sal dan saam met jou die las van die volk dra sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal afkom en daar met jou praat en Ek sal van die gees wat in jou is, neem en dit in hulle laat kom. Dan kan hulle saam met jou die volk dra en dan moet jy dit nie alleen doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal daar met julle kom praat en van die bekwaamheid wat Ek jou gegee het, op hulle skouers sit sodat hulle saam met jou verantwoordelikheid kan neem vir die volk. Dan hoef jy dit nie meer alleen te doen nie. |