Numbers 11:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het vir Moses gesê: Versamel vir My sewentig manne uit die oudstes van Israel, van wie jy weet dat hulle die oudstes van die volk en beamptes oor hulle is; en bring hulle na die tent van samekoms, dat hulle daar by jou kan staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê toe vir Moses: “Maak uit die ouer mans van Israel vir my 70 mans bymekaar van wie jy weet dat hulle die oudstes en die leiers is. Vat hulle saam na die tabernakel toe en wag daar saam met hulle. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die HERE aan Moses: Bring vir My sewentig manne uit die oudstes van Israel bymekaar, van wie jy weet dat hulle oudstes van die volk en sy opsigters is, en bring hulle by die tent van samekoms, dat hulle daar by jou kan staan. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vir Moses gesê: “Bring vir My sewentig van Israel se leiers, mense van wie jy weet dat hulle leiers en ampsdraers van die volk is. Neem hulle na die tent van ontmoeting toe en laat hulle daar by jou staan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sê toe vir Moses: “Maak vir my sewentig man uit die oudstes van Israel bymekaar, van wie jy die ervaring het dat hulle die oudstes van die volk en opsieners is. Neem hulle dan na die Tent van Ontmoeting en laat hulle daar by jou staan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het toe vir Moses gesê: “Jy moet vir My 70 van Israel se leiers laat bymekaarkom. Jy weet wie is goeie leiers en voormanne. Jy moet hulle neem na die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn, en jy moet hulle daar by jou laat staan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê die Here vir Moses: “Soek 70 mense onder die leiers van Israel uit. Maak seker dat die mense hulle gesag sal aanvaar. Bring hulle dan saam met jou na die tent toe waar Ek aanbid word. |