Numbers 11:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as jy so met my handel, maak my tog dood as ek genade in jou oë gevind het; en laat my my ellende nie sien nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As U dit van my verwag, maak my dan asseblief maar liewer dood as wat ek na hierdie ellende moet sit en kyk.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En as U so met my wil handel, slaan my dan maar liewer dood as ek genade in u oë gevind het, en laat ek my ongeluk nie aansien nie. |
| Afrikaans 1983 | As U so met my wil maak, kan U my gerus maar om die lewe bring as U my goedgesind is. Hierdie slegte behandeling kan ek nie meer verduur nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As U so met my wil maak, maak my dan maar dadelik dood. As ek genade in u oë gevind het, laat my dan nie my ellende aanskou nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As U my so swaar wil laat kry, dan sal dit beter wees as U my doodmaak, dit sal beter wees vir my. U moenie my so swaar laat kry nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As dit is hoe U my gaan behandel, doen my eerder ’n guns en laat my doodgaan. Ek kan nie so aangaan nie.” |