Numbers 11:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Het ek al hierdie volk ontvang? Het Ek hulle gegenereer, dat jy vir My sou sê: Dra hulle in jou boesem, soos 'n pleegvader die suigling baar, na die land wat U aan hulle vaders met 'n eed beloof het? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Is ek hierdie volk se pa? Het ek hulle gemaak dat U vir my sê: ‘Dra hulle in jou arms soos ’n oppasser ’n suigeling ronddra. Vat hulle na die land wat Ek vir hulle voorsate beloof het.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Het,k hierdie hele volk dan ontvang? Of het,k hulle gebaar, dat U vir my sê: Dra hulle aan jou bors soos 'n oppasser die suigling dra, na die land wat U aan hulle vaders met 'n eed beloof het? |
| Afrikaans 1983 | Het ek dan swanger geword en hierdie hele volk in die wêreld gebring, dat U vir my sê: ‘Dra hulle aan jou bors soos 'n oppasser met 'n suigeling doen, en bring hulle na die land toe wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het’? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Het ék dan swanger geraak met hierdie hele volk of het ék aan hulle geboorte gegee, dat U vir my sê, ‘Dra hulle teen jou bors soos 'n pleegouer 'n suigeling dra’ na die grond wat U aan hulle voorouers met 'n eed beloof het? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is nie hulle ma nie, maar U sê vir my ek moet hulle soos 'n kinder-oppasser teen my bors dra na die land wat U aan hulle voorvaders belowe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Is hulle miskien my kinders wat ek in die wêreld gebring het? Moet ek nou soos ’n babaoppasser met hulle in my arms rondloop tot in die Beloofde Land? |