Numbers 11:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Moses die volk hoor huil volgens hulle geslagte, elkeen by die ingang van sy tent; en die toorn van die HERE het baie ontvlam; Moses was ook ontevrede. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het gehoor hoe die stamme van die volk by hulle tente se openinge staan en mor. Die Here het baie kwaad geword. Dit was vir Moses ’n baie verkeerde ding. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Moses die volk, volgens hulle geslagte, elkeen by die deur van sy tent hoor ween; en die toorn van die HERE het grootliks ontvlam; ook was dit verkeerd in die oë van Moses. |
| Afrikaans 1983 | Moses het die volk hoor kla, elke familie by die ingang van sy tent. Die Here het hieroor baie kwaad geword, en dit was ook verkeerd in Moses se oë. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het die volk hoor kerm, in hulle familiegroepe, elkeen by die ingang van sy tent. Die toorn van die Here het hewig ontbrand. In die oë van Moses was dit verkeerd. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het gehoor dat die mense huil, elke familie by die ingang van sy tent. Die Here was baie kwaad, en Moses was bang en ontsteld daaroor. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het gehoor hoe die mense in groepies by hulle tente rondstaan en onder mekaar kla. Die Here was woedend hieroor. Moses self was ook baie ontsteld |