Numbers 11:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as die volk gekla het, was dit verkeerd in die oë van die HERE, en die HERE het dit gehoor; en sy toorn het ontvlam; en die vuur van die HERE het onder hulle gebrand en die wat in die uithoeke van die laer was, verteer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volk het by die Here begin kla oor hulle swaarkry. Toe Hy dit hoor, het die Here kwaad geword. Vuur wat van die Here af kom, het onder hulle uitgebreek. Dit het tot op die kant van die kamp gebrand. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die volk het hulle voor die ore van die HERE beklaag dat dit sleg gaan. En toe die HERE dit hoor, het sy toorn ontvlam, en die vuur van die HERE het onder hulle gebrand en het gewoed aan die kant van die laer. |
| Afrikaans 1983 | Dit het sleg gegaan met die volk, en hulle het die Here daaroor verwyt. Toe die Here dit hoor, het Hy kwaad geword en vuur onder hulle in gestuur. Dit het 'n deel van die kamp verbrand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die volk het erg begin kla in die ore van die Here. Toe die Here dit hoor, het sy toorn ontbrand. Die vuur van die Here het teen hulle ontbrand, en dit het die rand van die kamp verteer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Eendag het die Israeliete gekla dat dit sleg gaan met hulle, en die Here het gehoor dat hulle kla. Hy het kwaad geword en Hy het vuur tussen hulle laat brand. Die buitenste deel van die kamp het verbrand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was nie lank nie of die volk het by die Here oor alles begin kla. Toe Hy dit hoor, was Hy baie kwaad. In sy woede het Hy ’n deel van die kamp aan die brand laat slaan en dit tot op die grond laat afbrand. |