Numbers 10:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as julle in julle land oorlog voer teen die vyand wat julle verdruk, moet julle alarm met die basuine blaas; en aan julle sal gedink word voor die aangesig van die HERE julle God, en julle sal verlos word van julle vyande.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer julle in julle land aankom en oorlog maak teen julle vyande, moet julle die oproep na die oorlog op hierdie trompette blaas. Die Here julle God sal dan aan julle dink en julle die vyand laat oorwin.
Afrikaans 1933/1953 En as julle in jul land in oorlog kom teen die vyand wat met julle veg, moet julle met die trompette alarm blaas; dan sal aan julle gedink word voor die aangesig van die HERE julle God, en julle sal van jul vyande verlos word.
Afrikaans 1983 As julle in julle land wil gaan veg teen 'n vyand wat julle verdruk, moet julle hard op die trompette blaas. Ek, die Here julle God, sal dan op julle ag slaan en julle van julle vyande red.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ As julle in julle land in 'n geveg betrokke raak teen 'n teenstander wat julle aanval, moet julle met die trompette 'n waarskuwingsein blaas. Dan sal julle in herinnering gebring word voor die Here, julle God, en julle sal van julle vyande verlos word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer daar in julle land oorlog kom teen vyande wat vir julle verdruk, dan moet julle hard op die trompette blaas. Julle God die Here sal dan aan julle dink en Hy sal julle red van julle vyande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer julle in julle land aankom en julle julle teen julle vyande moet verdedig, moet julle hard op hierdie trompette blaas om die volk vir oorlog op te roep. Dan sal Ek, die Here julle God, onthou dat julle my volk is en Ek sal julle van julle vyande red.